Liewe Sussie,
Douvoordag op die Heilige Sabbat. Of misvoordag. Ons kry partymaal so 'n dik mis in die oggend oor die hele stad en die baai. As die sonnetjie flou is soos hd tyd vd jaar en die mis lus het om te bly sit tot laat in die dag, dan kan die vliegtuie nie land nie. Soos dit is, kry ons elke nou en dan 'n vlaag van die as uit die Chilean vulkaan en dan sit alle vliegtuie ook op die grond en wag vir beter dae. Bring wa en donkies terug!
Ek en D was gistermiddag na die teater om The Joy Of Text te gaan sien. Dit was maar power, K het niks misgeloop nie. Dit het gegaan oor 'n skooljuffer wat 'n verhouding met 'n skoolseun aangeknoop het. Of nie. He said, she said. Op die ou end het ons nie uitgevind wie vd twee die waarheid vertel het nie. Ek was geneig om die juffrou te glo - ek dink hy het net haar naam beswadder omdat sy hom uitgevang het dat hy sy hele essay oor Wat-ook-al woordeliks vd internet af gesteel het. Ewentwil is sy afgedank, vir die wis en die onwis. Die 17-jariges is beskermde wild!
Toe Emil in Matriek was, het hy skoolvakansies by sy Gesk/juffrou gaan kuier in Willowmore, waar haar broer 'n plaas gehad het. Geen haan het daarna gekraai nie, want wat gebeur in Willowmore, bly in Willowmore en steek nie kop uit op jou tuisdorp nie! Ek kan nie haar naam onthou nie. Sy was nie veel ouer as hy nie. Gelukkig was jou studente kleuters!
K het blykbaar haar verblyf in die VSA geniet. Ek sien sy Tweet vanoggend vd vliegtuig af dat sy op pad is van NY
na LA.Sy sal seker more voet aan wal sit hier ter plaatse. Sy was in 'n hotel inNew Jersey solank die konferensie aan was, maar sy het die laaste drie dae in Manhattan gebly by Neef Tim. Tim en sy meisie Carleen (lugwaardin, kom van Texas) het 'n huurbeheerde woonstel. Hy werk in I.T. , ek dink vir Microsoft.
na LA.Sy sal seker more voet aan wal sit hier ter plaatse. Sy was in 'n hotel in
Ek het hd week merendeel tuisgebly. Dis nog steeds koud en winderig and van tyd tot tyd nat buite. Ek het darem Woensdag vir May gaan help om haar kniekombersies uit te stal in die biblioteek se winkel. Sy hekel hulle in die voetbalspanne se kleure en hulle verkoop goed hd tyd vd jaar. Sy hekel baba-kleure ook, dit is ook gewild. Sy vra nie veel nie, net genoeg om die koste vd wol te dek. Sy sit saans daar voor haar teevee en hekel.
Donderdag ek ek my oë laat toets - ek het gedink ek moet my ogens laat toets, my preskripsie is amper 2 jaar oud en my regteroog sien nie meer so lekker nie. Nee, seg Katrina die Poolse optometris, daar is niks met my preskripsie verkeerd nie, dis die katarak. Hy is nog nie so sleg dat hulle sal opereer nie, ek sal oor 'n jaar weer gaan. My linkeroog het nie 'n karakter of 'n krater nie, net my regteroog. Ag nouja. Ouderdom bring skete. Gelukkig kan die meeste goed reggemaak word. Katrina het 'n kiekie van my oogbal geneem ook. Lyk soos sonsverduistering.
Vrydag het ek eindelik na drie mislukte pogings vir Marlene ontmoet vir koffie. Sy het heerlik gekla. Ons was 'n uur lank daar in die koffie-keffie en ek het niks gesê behalwe oe en aa en how awful for you nie. Toe my koppie koud genoeg is vir ordentlikheid, het ek gesê ek moet nou gaan want ek het inkopies om te doen.
Ek het op die internet gesien hoe mooi lyk julle prinses Charlene op haar troudag. Ons Prinses Mary was ook een vd gaste. Ek dink ons prinses het 'n beter prins gekry as julle s'n. Fred wei nie anderkant die grensdraad nie, en hy gaan eendag 'n koning wees.
Niks hd week van jou gehoor nie, jy is seker in Pta. Nouja, Sussie, groetnis tot ons weer koevertens oopskeur. Y¯ Suster Katryn
No comments:
Post a Comment