Sunday, July 13, 2014

Skilderye en Flieke

Koningin Sofia van Spanje met haar tiara's.

Monday, July 07, 2014
Liewe Sussie,
Sit ek vroegtydig op die Maandag hierdie week se brief te begin.  Dis koud, maar die son skyn.
D het 'n ent gaan stap, ek weet nie hoe lank voor hy terug sal wees nie, want hy het las van sy enkel. Co-morbidities: sy oog gee ook moeilikheid. Die apteker het gesê hy het pienk-oog en sy optometris het gesê hy het inflammasie. Albei het druppels voorgeskryf wat nie juis help nie, sy oog bly rooi en krapperig. Ek het gesê  hy moet sy dr gaan sien en 'n verwysing kry na 'n oogarts, maar of hy dit sal doen, weet ek nie.
Ek op my beurt gaan sien my optometris vandag vir 'n tweede besoek, nadat sy verlede week Blepharitis gediagnoseer en druppels voorgeskryf het wat wel gehelp het. Ek gaan vandag dat sy my kan uitpasseer as geskik vir normale diensplig.
Ons het gister op die Sondagmiddag met ons drie gaan fliek want D speel nie in die winter bowls oor die  naweke nie. (Net binneshuise bowls tweemaal per week.) Ons het The Two Faces of January gesien. Viggo Mortensen en Kirsten Dunst. Ons het baie daarvan gehou. Dis 'n baie ou boek van Patricia Highsmith, seker uit die sestigs. Jy sal haar onthou, sy van The Talented Mr Ripley-faam.
Jy sal sekerlik Strangers on a Train ook onthou, haar boek wat Hitchcock verfilm het? Farley Granger. Een van Hitchcock se bestes. Jy kan gerus weer in die Patricia Highsmith-oeuvre delf.
Ek lees deesdae al hoe meer "Golden Oldies" weer. Die moderne fiksie is nie meer my koppie tee nie: die onnodige geweld en seks irriteer my: ek is nie 'n wowser nie, maar as die g en s niks bydra tot die storie nie, is dit surplus to requirements.  En die stories is te lank ook. Ek wil nie 'n boek met 600 bladsye vashou nie. Waar is die dae toe 'n roman 300 bladsye gehad het en 'n bioskoopprent 90 minute geduur het? 
Ek het onlangs weer die Ripley-reeks gelees en ongelukkig het ek in die proses The Two Faces of January gesien op die rak en toe lees ek dit ook, vir die eerste maal. Met die gevolg dat ek geweet het wat gaan gebeur in die prent, maar ek het dit nietemin geniet.
Dit vind meesal plaas in Griekeland:  Crete en die ander eilande daar. Baie aanskoulik, die prent is die moeite werd vir die fotografie alleen. Maar die storie is ook tipies Highsmith, 'n spanningsverhaal met 'n kinkel in die stert en 'n paar draaie langs die pad.  Regisseur Hossein Amini hoef nie vir Hitchcock terug te staan nie. Neem gerus jou plek in as dit na die Capitol toe kom. (In die voorste ry, sodat jy alles eerste kan  sien.)
Screenwriter Hossein Amini makes a stylish directing debut with this sleek thriller set in Greece and Istanbul, 1962, and adapted from Patricia Highsmith's novel. Intrigue begins at the Parthenon when wealthy American tourists Chester MacFarland (Viggo Mortensen) and his young wife Collete (Kirsten Dunst) meet American expat Rydal (Oscar Isaac), a con man working as a tour guide. Instead of becoming his latest marks, the two befriend him, but a murder at the couple's hotel puts all three on the run together and creates a precarious bond between them as the trio's allegiance is put to the test. Love triangle, double- and triple crossing … and a few surprising twists keep the audience on the edge of their seats.
Saterdag … en so het die week weer verbygevlieg. Ek kondig met leedwese aan dat ek nie hierdie week van jou gehoor het nie. Ons sal sien wat gebeur aankomde week.
Elaine het Maandagaand hier kom slaap (sy het Dingsdag 'n ADO gehad, oftewel Accrued Day Off: sy kry een per maand). Ons het vroeg opgestaan en 7.30 in die pad geval stad toe, om 8.30 aan te meld by die kunsgalery. Daar het een van die kurators 'n praatjie gelewer in die "members' room" oor die uitstalling van Italiaanse skilderye uit die Prado se versameling.
Die Spaanse konings van die 15de tot 17de eeue was groot bewonderaars van die Italiaanse skilders en hulle het 'n goeie versameling opgebou. Tot onlangs het daardie skilderye nooit Spanje verlaat nie, maar die Spanjole is deesdae so arm en bankrot, dat hulle nou hulle skilderye uithuur. Ons het verlede jaar in Brisbane 'n stuk of 80 meesterstukke gesien uit die Prado: Velasquez, Goya, El Greco, Picasso, noem maar op. 
Maaind joe, ek het 'n oplossing vir Spanje se finansiële probleme: hulle moet net Koningin Sofia se tiaras konfiskeer en hulle na Sotheby's toe stuur! Met die oorballe en die neklisse daarby. Die hele land se ekonomie sal in surplus wees!
Ewentwil, hulle het nou die Italiaanse skilderye vir ons "geleen"  vir drie maande (teen 'n prys!) – daar was Da Vinci, Michelangelo, Raphael, Tintoretto, Titian … en hulle het sommer 'n paar Franse ingegooi op die koop toe.
Die kurator het 'n oorsig gegee van die politieke omstandighede van die periode, en sy het so 'n dosyn van die skilderye op 'n skerm geprojekteer en hulle in fyner besonderhede bespreek. Dit was baie  interessant. 
Hulle het 'n ligte ontbyt ook bedien, en daarna het ons 'n uur gehad in die uitstalling voor die galery oopgemaak het vir die publiek. Dit was baie lekker om die uitstalling gade te slaan met net sowat 40 mense in die groep. Daar was 80 werke,  uitgesprei in vier sale. Ons kon mooi kyk sonder om elmboogwerk te doen om in die voorste ry te kom! Elaine gee elke jaar vir my my lidmaatskap van die NGV as verjaasdagpresent en ek maak goed gebruik daarvan!
Woensdag het ek met Joan gaan koffie drink. Ons wou na 'n klein sentrumpie gegaan het waar daar nie aktiwiteite vir kinders aangebied word nie, want dis skoolvakansie en die groter sentrums is vol kinders. Ongelukkig het dit egter gereen en die klein sentrum het nie onderdakparkering nie. Ons het liewer 'n spul opgewonde, suiker-gelaaide kinders verduur wat al-gillende rondhol, as om nat te reen.
Shym, Joan se kat Mimi is tot haar vadere vergader en Joan is baie hartseer. Mimi was 18, sy was 'n baie ou dame vir 'n kat. Joan sê Gerry is al klaar weer lus vir 'n nuwe kat, maar sy wat Joan is, wil liewer nie weer 'n kat hê nie. Sy is nes ek, ook bang om oor 'n kat te val en iets te breek, en buitendien is sy en Gerry albei diep in die tagtig, Joan sê die kat sal hulle oorleef en wat moet dan van haar word. Gerry wil ook nie sommer 'n "moggy" hê nie, nee, hy soek weer 'n Burmese kat soos Mimi, teen $800. (Of R8-duisend in jou geld)
Donderdag sou ek by May gaan tee drink het, maar dit was so nat en koud en winderig dat ek haar gebel het om te sê ek gaan liewer tuisbly. Ek het nie lus om verkoue te kry nie. Gister het dit ook heeldag gereen, maar D het my na die biblioteek toe geneem in Rowville se winkelsentrum, en in die kar gewag dat ek my boeke kan omruil, sodat ek nie hoef nat te word nie. Ek het sommer daar by die viswinkel twee blue grenadier –mootjies gekoop vir ons middagete. Ek het hulle in meel en eier gaargemaak met kapok-aartappels en ek het vars groenbone en aspersies gestoom daarby. Wat kan vromer wees as vis op Vrydag?
Elaine het gesê sy speel vanoggend op die Saterdag elfuur squash met Rani en dan sal sy hier kom middag-eet en in die namiddag saam met my en D gaan fliek. Maar toe kom sy kort na elf: sy sê Rani het nie opgedaag nie, en toe sy haar bel, sê sy sy het die afspraak vergeet. Bid jou aan. Elaine het hier gekuier tot drieuur en my gehelp om my pot-laaie uit te pak. Ek het 'n hele klomp kastrolle en koekpanne en so aan in 'n boks gepak en Elaine het dit by die op shop gaan aflaai op pad na haar huis. Sy het vir my die laaie mooi uitgewas. Ek het die goed wat ek wil behou, netjies teruggepak.
Vlg naweek gaan ek een rak in die spens takel met Elaine se hulp. Ek het glad te veel breekgoed en bakke en koppies en goed. Ek onthaal lankal nie meer nie, ek het nie so 'n kasarm goed nodig wat ek nooit gebruik nie. Ek wil maar so stadig een vir een kas uitpak en opruim, dat Elaine nie so man-alleen hoef te sukkel met al die detritus as ek skielik dood neerslaan nie.
Ek en D het na die vyfuur-vertoning gegaan van Calvary – Elaine wou nie saamgaan nie, want sy het  'n vroeg-aandse ete-afspraak gehad met Tony. Sam is tans in Duitsland waar hy by sy familie kuier en saam met hulle na die wereldbeker kyk waar hulle span so goed vaar.
CALVARY is Irish writer-director John Michael McDonagh's follow-up to his terrific debut feature, THE GUARD, and it also stars Brendan Gleeson in a role of authority - not a cop this time but a priest. THE GUARD was a terrific movie but mainly a comic one; CALVARY is much darker, and Brendan Gleeson's commanding performance gives it a very strong centre around which a dozen or more key characters are examined. This is a strange and unsettling examination of contemporary Ireland with all its contradictions, and the rich characterisations, beautifully written dialogue and the grim sense of humour buttress what is, essentially, a very disturbing probe into a corrupt and decaying community. Beautifully shot in Scope on similar locations as THE GUARD - the west coast of Ireland - CALVARY is a tough but very impressive movie.
Ek kan dit hoog aanbeveel … moenie skroom om in te klok by die Capitol nie!
Al wat nou oorbly, is om te groet, Sussie, tot vollende week alles van die mees beterste vir jou en joune.

Saturday, July 12, 2014

Maklike Kindertruitjie om te Brei


Liewe Sussie,
Terwyl jy nou so kranig brei vir die hawelose kindertjies, kan ek jou hierdie patroon ook gee vir 'n kleuter se truitjie. Dis 'n maklike ene want jy hoef nie steke af te haal en op te tel vir die nek nie! As jy twee 100gram bolle double knitting (oftewel 8-ply) het, dan het jy sommer genoeg vir 'n mussie ook. Ek het mos vir jou die mussie se resep gestuur.

Child's Jumper

 
Child's Chest
55
60
65
70
Jumper's chest measures
59
64
69
74
Length
33
37
41
45
Sleeve seam
21
26
31
35

Double knitting (also called 8ply) wool (2 x 100gr balls for smallest size, 5 x 100gr balls for biggest size)
Needles Size 8 and 10 (4 and 3.25) (I don't bother with smaller needles for the ribs, I just knit everything with size 8.)
Back and Front alike:
Using size ten needles, cast on 67; 73; 77; 83 stitches, work 14 rows in k1, p1 rib. Start the first row with k2 because you have an uneven number of stitches. (I sometimes do K2,P2 rib just for a change.)
Change to size 8 needles and work 23; 25; 27; 29 cm in stocking stitch. End with a purl row.
Tip #1: when you have finished the front up to here, count how many rows you have done and use a row counter when knitting the back - thus making sure they are exactly the same! You only have to move the counter on at every plain row.
Shape armholes:
Cast off 4; 4; 4; 5 st at beg of next 2 rows. Dec at each end of next and alt rows (i.e the knit rows) until
53; 57; 61; 65 st remain.
Work 14; 14; 18; 22 rows in stocking stitch.
Work 9; 11; 13; 15 rows k1, p1 rib as before.
Tip #2: it looks better if you knit into the back of the plain stitches when doing the yoke rib, but this is optional.
Shape shoulders:
Cast off 4; 4; 5; 5 stitches at beg of next 2 rows and 3; 4; 4; 5 at beginning of the following 2 rows.
Cast off remaining stitches loosely in rib.
Sleeves: Using size 10 needles, cast on 35; 37; 39; 41 stitches and work in rib as for back, 14; 14; 14 ;16 rows.
Change to size 8 needles. Work 4 rows in stocking stitch and on the 5th (plain) row, increase 1 stitch at each end of the row by this method: knit one stitch, then knit into the front and back of the second stitch - when you get to the end of the row, knit into the front and back of the penultimate stitch and then knit the last stitch.
Increase as before in every following 4th row until there are 49; 45; 43; 47 stitches. For smallest size, keep at 49 stitches. For other sizes, increase in every following 6th row until there are 53; 69; 65 stitches.
Continue until side edge measures 21; 26; 31; 35cm, ending with a purl row. (See Tip #1)
Shape top: cast off 2; 2; 2; 3 st at beg of next 2 rows.
Dec at each end of next and alt (plain) rows until 39; 39; 43; 43 st remain, then dec at each end of every row until 13 sts remain. Cast off.

 

 


Rugby en Yum Cha


Thursday, 29 May 2014

Liewe Sussie,

Vandag 'n brief ontvang, ged. 14 April, baie dankie. Ek hou van Boetie wat na Bulletjies Rugby toe gaan. Hier by ons is dit natuurlik Footy en hulle noem dit Ozkick. Al die kleintjies klok in by Ozkick op 'n Saterdagoggend, op Footy-velde (Footy Ovals noem hulle dit) orals in die voorstede. Dogtertjies mag ook deelneem, ek dink tot hulle elf jaar oud is.

'n Mens wonder of hulle daar in Cheetah- en Leeu-wêreld Welpies Rugby het, en of die Sharks se kleinspan Toothy Tadpoles Rugby toe gaan? Die nuwe Kings-span kan Prinsies Rugby hê vir die kleintjies.

D het vanoggend gesien daar sit 'n natkol onder my kar, ek is nie seker of dit olie of water is nie, maar daar is geen rooi waarskuwings-liggies aan as ek ry nie.  Nietemin het ek my kar ingeboek vir Maandag, dat die vent wat oor hom gaan, kan kyk wat is fout.

Ek het sopas 'n boodskap van L gekry op my Facebook Private Messaging – sy het dit van die lughawe af gestuur met haar telefoon. (My foon is te oud om sulke dinge te doen.)

Sadly my mom has been rushed to hospital and the results from the brain scan she had indicates that she has massive bleeding on the brain...Doesn't look like she's going to make it...K & I fly out this morning to SA & D on Friday.

Shym, R (amper sê ek ontydig Oorle' R) was nie 'n sielsgenoot van my nie, maar toe ek vir D daarvan vertel, vind ek 'n knop in my keel en moes my bedwing om nie 'n paar trane te stort nie. Sy is familie en deel van my geskiedenis. Ag nouja. Elaine sê: "Teenagers giggle and old people cry, they can't help it". Sy is nie verkeerd nie, dis seker hormone!

Ek het gister 'n paar appels en pere gestowe – ek bodder nie om hulle te skil nie, sny hulle net op. Ek sit 'n paar sultanas en droë appelkose ook in as ek het. En naeltjies en 'n paar stukkies gemmer. Ewentwil, Paul het my aangeraai om 'n lepelvol marmalade ook in te sit, en ek kan dit aanbeveel, as jy dalk plan het om appels te stowe. Die marmalade gee dit 'n baie lekker geur, maar maak dit net effens soet vir my smaak. Ek het nie 'n baie soet tand nie. D het genoeg soet en sout tande vir ons albei.

Ek is bly jy hou van die kunsrubriek-bydraes tot die kunsvereniging se tydskrif. Ek plaas wel elke artikel ook op my blog, en daar kan ek soveel ruimte gebruik soos ek wil, so my blog-artikels het baie meer prente en hulle is natuurlik ook in kleur. Ek sal jou die blog-adres gee, dis www.artothings.blogspot.com.au

'n Mens vind te laat in die lewe uit wat jy moes gedoen het. Ek het op Univ Kunsgeskiedenis geneem, net een jaar. Ek moes dit my hoofvak gemaak het! Ek kon by 'n museum gewerk het of 'n dosent gewees het. Ek kon ook biblioteekwese geswot het, ek het baie daarvan gehou om by die biblioteek te werk. Te laat vir trane deur Benjamin Bennett.

Later: Op ingewing en sommer omdat ek hier rondsit vir kwaadgeld, vra ek vir Google (wat alles weet) of hy Te laat vir trane deur Benjamin Bennett ken. Ja, Google ken dit, en hy vertel my sommer ook dat BB nog baie ander boeke geskryf het, o.a. Die Bewyse was Dodelik en Die Galgtou Wag! Een ding moet jy sê van Benjamin Bennett: hy het geweet hoe om 'n titel te kies vir sy boeke! Ongelukkig is hulle almal uit druk. Ek is seker Daisy de Melcker en jou skoolvriendin Bubbles Schroeder sal op BB se spyskaart wees.

Vrydag ... Ek lees weer Three Men in a Boat. Gepubliseer 1889, en nog steeds snaaks, en so interessant ook. Tussen die grappige episodes vertel hy altyd 'n brokkie geskiedenis van die dorpies langs die Thames, al die pad van Londen na Oxford. Ek moes lag vir hierdie deel: "It is so calm and restful, free from that fretful haste, that vehement striving, that is every day becoming more and more the bane of nineteenth-century life."  Wat sou hy gedink het van die 21ste eeu se fretful haste en vehement striving?

Trakteer jouself, kry Three Men in a Boat uit die biblioteek, hy is nooit uit druk nie, en lees hom weer. Jerome K Jerome.  Ek lees anderdag dat daar honderde eksemplare in sirkulasie was in SA tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Die families van die Britse soldate het vir hulle seuns/mans die nuwe bestseller gestuur om te lees wanneer hulle nie besig was om Boere te beveg nie. (En plase af te brand of Mafeking te beleër nie.)

Een tyd het Elaine haar in Spanje bevind met niks om te lees nie, en sy kom toe op 'n boekwinkel af wat drie Engelse boeke het, voorgeskrewe boeke vir hoërskoolkinders wat Engels leer.  Sy het al drie gekoop: Three Men In A Boat, The Picture Of Dorian Gray en Emma. Serendipity!

Sussie, nou gaan ek myself eers in die maalstroom van fretful haste en vehement striving werp wat die Vermont South winkelsentrum is. Ek het niks in my spens nie, ek is Mother Hubbard. Ek as ek klaar geshop het, dan gaan ek vir Paul en Heather ontmoet by die Chinese keffie dat ons kan yum cha vir middagete. Ek het lanklaas 'n lekker yum cha geniet, en ek hou besonder van die yum cha wat die East Empress aanbied, daar is altyd iets besonders wat hulle chef optower. As die trollies verbykom, is dit altyd 'n temptasie om meer pierinkies snoeperytjies af te laai as wat ons kan opeet! Daar is altyd net drie goedjies op 'n pierinkie, dit lyk na min, maar op die ou end is daar genoeg kos vir 'n regiment op die tafel. Ons los darem altyd plek vir die piepklein melktertjies en klapper-jellietjies aan die end! As jy klaar geëet het, tel hulle hoeveel opgestapelde leë pierinkies jy het, en jy betaal dienooreenkomstig.

Later: Ons het toe baie lekker ge-yum cha. Ons het sewe dissies afgelaai: daar was 1. gestoomde scallops in 'n rys-papier omhulsel, 2. barbecue pork-pasteitjies, 3. Paul en Heather het Phoenix Claws geëet, wat niks anders is as hoenderpote nie, maar ek is nie 'n hoender-poot fan nie. Daar was 'n 4. dissie van eend met 'n vulsel van fyn, deurskynende rys-vermicelli en gekapte pietersielie, daar was 5. garnale in 'n gestoomde dim sum, daar was 6. miniatuur hoender-pasteitjies, en les bes was daar 7. die klein melktertjies in skilferkors aan die end. Ons het nie plek gehad vir klapperjellie nie. Ons het driekeer ons teepot laat aanvul.

Ek het pas tyding gekry vanaf Dubai. Die kind is op pad terug na Oz, ek sal nie heeltemal rustig wees voor sy moreoggend (Saterdag) bel om aan te kondig sy is in haar woonstel en sy gaan nou slaap nie. Die heel beste tyd is wanneer hulle nog so klein is dat hulle nêrens gaan in hulle prêm sonder Ma nie. As hulle eers begin skooltoe gaan, loop hulle loshande rond en begin jou worries. My ousie Andrina het eenkeer vir my gesê: "Madam, if you've got a husband, you've got worries. If you've got a child, you've got beeeeg worries!" Ek sal nie waag om haar te laat agterkom ek worry nie!

Nog later: Nouja, weer tyding van L: Sadly Mom passed away this morning. I was grateful to be able to see her and I believe she waited for me...

Daar is R nou ook tot haar vadere vergader. Shym, sy was altyd, wat ookal haar foute, baie lojaal en ondersteunend aan haar skoonfamilie. Al die pad gery van Jhb af na troues en begrafnisse. Ek is bly ek het elke keer die moeite gedoen om haar vroeg in die oggend na die Roomse Gevaar toe te neem vir Mass wanneer sy by ons tuisgegaan het hier in Melbourne. Die slag toe hulle 4 dae gebly het, moet ek sê by die vierde oggend het ek taamlik sleepvoet halfsewe in my modderkar geklim! Maar sy moes Mass bywoon voor brekfis, die wyn en heilige wafers mag nie met byken-en-eiers meng in jou maag nie, dan is dit reguit hel toe met jou. Of miskien purgatory toe, as jy net 'n weetbix geëet het.  Ewentwil, ek is bly ek het aangetree en my kant gebring vir die saligheid van haar siel, dit was baie belangrik vir R. As sy nie, even as we speak, by die Cherubim Celestial Outfitters opgemeet word vir haar wit jurk en vlerke nie, is dit nie my skuld nie.

Saterdagoggend ... Ek het gewag om die brief te pos tot ek kon aankondig dat Elaine veilig terug is. Sy het pas gebel (7vm) om te sê sy is tuis en gaan nou slaap. 'n Kind het heelpad geskree in die ry agter haar, 14 uur van Dubai tot Melbourne.

Ek: "Oh, poor little thing!"

Elaine: "I hope you mean me!"

Mooi bly, Sussie, tot vollende week.                  

Gebreide Mussie


Liewe Sussie,
Ek is bly jy brei so lekker aan die vingerlose handskoene vir jou weeskinders - hier stuur ek nou vir jou 'n lekker warm mussie wat jy kan brei om hulle koppe sowel as hulle hande warm te hou. Weereens het ek nie lus om te vertaal uit Ingels nie - gelukkig dat jy goed tweetalig is!


Basic Beanie
Sizes:

Age Group
Circumference
Length (Including ribbing)
Preemie
11 inches
5 ½ ins
Newborn
13 inches
6 ins
12 Months
15 ¼ inches
7 ins
Toddler
17 ½ inches
7 ½ ins
Teen
19 ½ inches
8 ins

Double knitting / 8 ply
Size 8 / 4mm needles
Abbreviations: K = knit; P = purl; k2tog = knit two together; ssk = slip one knitwise, slip one knitwise, insert left needle into front of both slipped stitches and knit them together. (Which basically just means knit two together through the back of the loops!)
Cast on:
Preemie
60
Newborn
72
12 mths
84
Toddler
96
Teen
108

Ribbing: 8 rows of K2, P2 (Only 6 rows rib for Preemie)
Knit in stocking stitch until desired length is reached according to size:
Premie
4 ½ ins
Newborn
5 ins
12 mths
6 ins
Toddler
6 ½ ins
Teen
7 ins

Crown:  
Row 1
K4, k2 tog, ssk, k4 ... repeat to end of row
Row 2
purl
Row 3
K3, k2 tog, ssk, k3 ... repeat to end of row
Row 4
purl
Row 5
K2, k2 tog, ssk, k2 ... repeat to end of row
Row 6
purl
Row 7
K1, k2 tog, ssk, k1 ... repeat to end of row
Row 8
purl
Row 9
k2 tog, ssk ... repeat to end of row

Pull yarn through remaining stitches, secure and sew up seam.