Monday, January 2, 2012

Dit en Dat en Wat Nog

Saturday, 26 November 2011
Liewe Sussie,
Another day, another dollar. Ek lees weer The Friends of Eddie Coyle - jy sal dit onthou, classic crime novel uit die vyftigs. Die een vent ry met 'n sportmotor en hy kla steen en been want dit kos hom elke slag agt dollars om die ding vol petrol te maak. Ek kan onthou toe petrol twee-en-sikspens 'n gelling was toe ek die DKW scootertjie gehad het soos joune.
Ons kyk nog baie lekker na A Country Imagined. Ons was gisteraand in die Vrystaat; ek dink ons gaan vanaand Kaapstad toe. Dit irriteer my net dat die vent Johnny Clegg so swak Ingels praat. Hy praat van 'n am-Pi-theatre en vir hom is die meervoud van woman nog maar steeds woman. Hy "hone in" ipv "home in". Hy praat van 'n wind pump ipv a windmill. En so gaan hy aan. Ag nouja, hy kan meer tale praat as ek, en ek moet seker nie 'n vinger wys nie want my Afrikaans raak al hoe swakker. Sy program is baie interessant en ek hou vd kunswerke wat hy vir ons wys.
Ek het jou reeds vertel van my book club lunch Maandag.  Dinsdag het ek saam met Heather gaan fliek. Ek het nie veel hoop gehad nie, dit was 'n rom/com met name Happy Ever Afters. Maar ek was aangenaam verras. Ek het dit baie geniet. Dit was een van daardie low-budget British comedies. Nie soos 'n Amerikaanse rom/com nie.
As dit by die Village Odeon kom, kan jy gerus een oggend sommer daar in-pop saam met jou buurvrou. Daar sal nie 'n lang tou wees in die oggend nie - mense is bedrywig by hulle huise in die oggend. Stap agter die stofsuier aan, trek onkruidjies uit, ontwurm die hond, gaan shop by Josephs vir vanaand se pap en wors-braai in die jaart.
Woensdag het ek my kop laat afkap. Ek gaan hom vlg week laat inkleur. Sharni het afgekap en Madeleine gaan inkleur.
Donderdag het ek Frankston toe gery saam met my BFF[1] Margie. Ek het einde ten laaste haar van uitgevind: dis Hamilton! (Wie is nou jou BFF van Sheila weg is?) Ons het 'n besending goed genaam vir Janice se Needy Stitches-organisasie. K het vir my haar ou stofsuier gegee. Ek het allerlei breiwerk gehad om te oorhandig en Margie het hekelwerk van haar ma gebring en naaldwerk van haarself. Sy maak die mooiste lapwerk-quilts. En poppe. Ek het twee teddiebere gekoop by die Op Shop, in splinternuwe kondisie. Ek moes 'n appel en 'n ei uit my beursie ruk. Gelukkig was dit 'n hardgekookte ei of hy was fyn en flenters: 'n slymerige gemors in my beursie.
Janice het getrek na 'n nuwe huis, maar die verkopers het haar 'n streep getrek want die dak lek, die warmwater-stelsel werk nie en die gaslyn het lekkasies. Plus menige nader defekte. Kos haar bykans $8,000 om alles reg te maak. Ek vra vir haar hoekom sy nie die huis laat inspekteer het deur Archicentre nie? Dis waarvoor hulle daar is! Nee, sy wou nie die $500 betaal vir die inspeksie nie. Duh! Jy sal nie 'n tweedehandse motorkar koop sonder hom hom deur die RACV-inspeksie te sit nie! 
Ek dink Needy Stitches sal tot stilstand moet kom vir 'n ruk want Janice het kanker en moet behandeling ondergaan. Sy loop al 'n jaar met die gewas aan haar enkel - jy kan dit duidelik sien, word al hoe groter. Nou het sy ook gewasse aan haar collarbone (ek het vergeet wat dit op Afr is - sien jy hoe swak word my greep op my moedertaal) en aan haar gewrig en een in haar bobeen.
Haar dr het gesê sy kan nou nie meer uitstel nie. Hulle gaan die gewasse verwyder en dan moet sy 3 maande chemo ondergaan.  Sy dink sy sal kan voortgaan met haar bedrywighede, maar ek dink sy steek haar kop in die sand. She's in denial! Ek hoop ek sal nooit eerstehandse kennis dra van chemo nie, maar soos ek dit verstaan, maak dit jou baie siek en moeg en in geen kondisie om donasies te sorteer, bokse te pak en goeie werke te doen nie.
Vrydag het ek my eertydse skoonmaker Joan ontmoet vir koffie. Sy het getrek na Moe, so 'n uur se ry uit Melbourne. Sy was net hier vir die dag - vir bietjie shopping in die groot stad en om haar kleinkinders te inspekteer. Sy rapporteer Harry (15) speel krieket vir sy klub se eerste span, Xavier (6) het inkontinensie-probleme en Grace (4) weier om haar tutu uit te trek. Sy gaan skooltoe daarmee.
Joan sê sy bly lekker in Moe, sy ken almal op die dorp en daar is alles wat haar hart begeer. Gawe biblioteek, bingo en trivia nights by die pub, bowls club vir haar man, winkels, dokter, herdresser, wat meer kan jy verlang.
Dis all very well vir Joan, maar hierdie sussie van jou verlang meer as dit: ek wil in 'n groot stad woon waar alles beskikbaar is. Of jy 'n opera of 'n olifant wil sien, klim op jou kar en ry na die betrokke venue, betaal jou toegangsgeld en siedaar.
Ek onthou altyd hoe het Susan gekla toe sy George toe moes trek van Jhb af. Die dorps-winkels is alles goed en wel, het sy gesê, maar as jy groen sandale of A Tree Grows in Brooklyn wil koop, dan moet hulle wegstuur Kaapstad toe daarvoor. Mind you, Joan is baie handig met inkope op haar rekenaar - die wereld se winkelrakke is binne jou bereik as jy 'n rekenaar en 'n kredietkaart het! Maar jy moet nog stad toe om die opera of die olifant in lewende lywe te sien.
Vanoggend was ek vroeg op - ek het 2 krismiskoekens in die oond. K het gesê sy klok vandag in en sal vanaand oorslaap. More sal sy saam met my gaan fliek, ons gaan sien The Ides of March. George Clooney en Ryan Gosling. Ek kan dit by voorbaat aanbeveel, nog voor ek dit gesien het!
As sy vandag betyds opdaag, is sy welkom om ook saam fliek toe te gaan. Ek wil later vanoggend Moneyball gaan sien met Brad Pitt. (Ek gaan nie saam met Brad Pitt as sulks nie; hy speel die hoofrol. Ek sal nerens saam met Brad Pitt wil gaan nie, hy het altyd ses kleintjies op sleeptou. Kan Brangelina nie 'n nanny of twee bekostig nie? Hulle ken nie die einde van hulle skatte nie.)
Dis regtig feast or famine op die bioskoop-front. Maandelank is daar niks wat 'n mens wil sien nie, en skielik is die baaiskoupe vol gawe prente wat ek nie wil misloop nie. Hulle bring nou alles uit voor die 2012 Oscar-inskrywings sluit. Ek moet maar hooi maak wyl die son skyn, want voor ons ons kom kry, is dit skoolvakansie en dan is daar weer net kiddieflicks, rom/coms en ontploffings-prente.
D het pas gebel vd bowls club om aan te kondig hulle gaan nie speel nie. Rain stops play. Hy wil weet of ek fliek toe gaan en of hy kan saamgaan as ek nog nie bespreek het nie. Gelukkig het ek nog nie bespreek nie, ek wag om te sien of my koekens betyds uit die oond gaan kom.  Dis nog 'n gawe ding wat jy kan doen as jy 'n R en 'n K/K tot jou beskikking het. Kies jou sitplekke en druk self jou kaartjie, dan hoef jy nooit tou te staan nie, stap net in.
Ons Prinses Mary en haar Deense man is tans hier in die land. Hulle het amptelike bedrywighede gehad in Sydney en Canberra en hier in Melbourne het sy 'n nuwe Deense skip gedoop en hy het 'n sport-sentrum geopen. Hy is nou op die Olimpiese komitee. More vloog hulle Tasmania toe om 2 weke by haar familie te kuier. Hulle het hulle elf-maande oue tweeling saamgebring, vreeslik cute. Prins Vincent en Prinses Josephine. Die twee ouer kinders gaan skool, maar hulle sal Maandag by hulle pa en ma aansluit in Tasmania. Julle het mos nou ook 'n prinses - sy sal seker ook eersdaags haar prins aanpresenteer met 'n nakomeling. Sy lyk vir my baie na haar oole' skoon-mammie Grace Kelly.
Denise  het laat weet dat sy ook nou 'n tweede kleinseun het. Benjamin, 'n boetie vir Lincoln. So boer almal vorentoe.
Nouja, Sussie, ons is weer by sela. Bly mooi en sê groetnis.
Love, Suster K  {¯IY



[1] Best Friend Forever


1 comment:

  1. My videos of music - YouTube
    youtube.com/movies/my-tricks_list_for_musician/my-tricks-list_for_musician/my-tricks-list_for_musician/my-tricks-list_for_musician/ youtube to mp3 convertor

    ReplyDelete