Sunday, 30 March 2014
Liewe Sussie,
Nog 'n week sonder tyding van jou, maar dit is nou nie meer
vir my iets ongewoon nie. Ek weet R sal my laat weet as jy van die takkie
afgeval het, so ek neem aan jy klou nog vas, eet jou saad, flap jou vlerkies en
sing vrolik.
D se Oom is vinnig besig om sy greep te verloor, maar nie
sonder 'n geveg en bittere verset nie. Dylan Thomas kon daardie gedig spesiaal
vir Oom geskryf het:
Do not go gentle into
that good night,
Old age should burn
and rave at close of day;
Rage, rage against the
dying of the light.
Hy het geval en sy dybeen gekraak, net waar die heup se
potjie begin. Hy het so die pyn uitgehou en aangegaan soos gewoonlik, tot R op
haar twee-weeklikse besoek vir hom dr toe geneem het. Die dr het gesê hy moet
van die been afbly, maar nee. Sluk pynpille, stap rond, klim in sy kar en ry
plaas toe soos gewoonlik. (Jy weet hy is 80% blind van katarakke en het nie meer
'n bestuurderslisensie nie.) Elke Dinsdag gaan hou hy toesig dat hulle 'n klomp
beeste moet laai, en vendusie toe ry. Dan sit hy daar by die vendusie, weier
alle bodde (biede? aanbodde? aanbiedings?) vir die vee want hy is paranoïes en
almal wil hom verkul. Hy skel 'n paar mense uit, stuur die volk terug plaas toe
met sy onverkoopte vee en gaan huis toe, tevrede met sy dag se werk.
Ewentwil, hier is die e-mail van gister:
It seems the
situation with my dad has deteriorated in that a second x-ray carried out
yesterday revealed that the neck of femur is now not cracked but broken.
If he was a bit younger, ie in his eighties, not 96, a hip replacement op would
be done, but at this stage that is uncertain. They took him to Klerksdorp
yesterday and he was seen by an orthopaedic surgeon. The surgeon said he would
need to be admitted to hospital for a night to assess how suitable he may
or may not be for the op but he would not hear of that and just wanted to get
back home. He is now carrying on about the farm and they have taken him to
the farm!! I cant think about the pain of getting in and out of the
van!! He is using a wheelchair instead of walking. I spoke to him and when I
said I was sorry to hear he has a broken leg, which R had to repeat for him b/c
he is so deaf, he flatly denied that he has a broken leg. At this stage we are
staying where we are as we would only be a nuisance anywhere else.
Ek bel toe na ek haar email gekry het, en o.a. sê ek vir
haar ten minste hoef ons nou nie te vrees hy sal iemand doodry met sy kar nie.
Nee, sê sy, moenie glo nie, hy het wel in sy kar geklim met gebreekte been en
al, en winkels toe gery, maar hy kon nie uitklim nie, toe ry hy maar weer huis
toe. Hy weier om te erken dat iets met
hom verkeerd is, hy weier om hospitaal toe te gaan en hy eis dat R haar intrek
moet neem by hom in sy huis. Ek vra hoekom gee hulle hom nie 'n verdowings-middel
in en neem hom hospitaal toe nie? Vandaar na 'n sorg-eenheid, hy kan nie in sy
huis bly nie! Gee hom 'n knock-out drop saam met sy pynpille, wat sal hy weet?
Sussie, sy sê vir my: we can't do that,
Daddy will be very angry.
Daardie ou man het hulle so lank geterroriseer dat hulle nou
aan Stockholm-sindroom ly! Hulle, sy slawe, is almal skeit-bang vir hom, die
dokter inkluis. Ek wonder of R so dom gaan wees om in te gee en by hom in te
trek. Sy kan nurse, chauffeur, kok, en scapegoat wees. Soos dit is gaan sy elke
2 weke sy huis skoonmaak, sien dat hy bad en skoon aantrek (dit gebeur net
wanneer sy daarnatoe gaan, hy dra en slaap in een stel klere) sy betaal sy
rekeninge, maak vrede met almal wat hy beledig en uitgeskel het sedert sy laas
daar was, en sien dat hy iets eet behalwe Wimpy oorkant die straat se
hamburgers.
Elaine sê as hulle haar vliegtuigkaartjie betaal, sal sy
alles binne 'n paar dae gaan uitsorteer vir hulle, no worries! Sy bang hom nie.
Mind you, ek glo nie dit gaan van hier af lank duur nie: as 'n mens van daardie
ouderdom 'n been gebreek het, is dit afdraand al die pad. Next stop pneumonia
en goodnight, Irene. Ek wou dit nou nie sê nie, maar as ek sy kinders is, sal
ek my nie haas om vir hom 'n Krismispresent te koop nie.
Die afgelope week het ek nie veel op my program gehad nie. D
het wel die tandarts besoek, want sy voortand het afgebreek. Die tand het reeds
'n pen ingehad. Die tandarts het dit tydelik reggemaak, maar sy tande is almal
op hulle laaste bene (of wortels). Ek weet nie of dit 'n oorerflike kondisie is
nie, want my skoonma het sulke afbreek-tande gehad tot sy later 'n mondvol
stieftande gekry het.
So gelukkig soos ons is in hierdie land om gratis of byna-gratis
mediese dienste en medisynes te hê, is tandartse ongelukkig nie verniet nie. D
se tande is te ver heen om gekroon te word (wat self baie duur is) hy moet
inplantings kry, wat ongeveer $5,000 per tand is, of hy moet 'n mondvol
stieftande kry. Ek weet nie wat hy sal
besluit nie. Ek weet nie waar die geld vandaan moet kom vir inplantings nie,
ons kan elkeen 'n splinternuwe modderkar koop vir daardie prys. En die rede
hoekom ons met ons ou modderkarre ry, is dat ons nie nuwes kan bekostig nie.
Ek het Woensdag saam met H gaan koffie drink. Sy kla haar
stout kinders is nou totaal onregeerbaar. Hulle baklei ongenadig met mekaar. Die
een het die ander in die gesig geskop dat H gedink het sy neus is gebreek, maar
by die ER het hulle gesê dis nie gebreek nie, net sleg gekneus. As sy skoene
ipv tekkies aangehad het, sou sy dalk sy neus gebreek en miskien sy wangbeen
gekraak het. Hulle het die bloeding
gestop, sy neus ge-plug en hom huis toe gestuur.
Later dieselfde dag het hy weer sy sussie se arm agter haar
rug op gedraai dat die kind die vlg dag nie die arm kon gebruik nie. Die twee
is glo gedurig vol kneusplekke en letsels soos hulle mekaar te lyf gaan. Hy is
nege en sy is ses, maar sy byt en krap behalwe skop en slaan, so dit maak op
vir haar agterstand in gewig en armlengte. H sê altwee van hulle slaan en skop
haar ook as hulle nie hulle sin kry nie – hulle doen dit al van kleinsaf, maar
nou dat hulle groter word begin hulle haar regtig seermaak.
Ek bied geen advies aan nie, dis nie my besigheid nie, maar
hulle kan bly wees ek is nie hulle ma nie. Ek sien nooit die kinders nie, H weet as dit
skoolvakansie is, ontmoet ek haar nie. Ek sê net altyd "bel my as hulle
weer in die skool is". Ek het laas die jongste gesien toe sy saam met haar
ma gekom het om haar verjaarsdagkoek te kom haal. Sy is 'n baie mooi
dogtertjie.
Gister het ek en Elaine 'n toneelstuk gaan sien. Neighbourhood Watch. Ons het baie
daarvan gehou; die lag met die traan. Daar was die minimum props op die
verhoog. 'n Groot deel van die aksie speel in die straat voor die huise af.
Hulle stoot hulle vuilisdromme uit of hulle kom van die tremstop af met hulle
inkopies en so. Staan en gesels op die sypaadjie. As hulle in mekaar se huise
"ingaan", dan staan hulle maar daar op die verhoog en jy verbeel die
meubels.
Robyn Nevin plays Ana, a cantankerous
and meddlesome octogenarian from Hungary, who lives with her German shepherd in
a Melbourne suburb where relations between neighbours seem to be little more
than a polite wave on bin night. Behind closed doors, the street
is full of walking wounded. There's a prim, middle-aged woman with a terminal
illness, an aspiring, diabetic filmmaker addicted to online computer games, and
Catherine, a Lally Katz-figure with a broken heart who remains emotionally
paralysed, unable to move on. But the night belongs to Ana. Nevin is
extraordinary. It's impossible not to fall in love with her brilliant portrait
of a tough, eccentric dragon lady, a woman left manipulative and paranoid by
the vicissitudes of life as a refugee but whose countervailing qualities -
stoicism, shrewdness, generosity - are just as likely to lead to chaos, often
in amusingly broken English. Nevin plays the character for truth rather than
laughs, which amplifies and deepens its comic power.
Daar weet jy nou alles en jy kan gerus inklok by die Miriam
Makeba Teater wanneer hulle dit op die planke bring. Toe ons klein was, was 'n
toneelstuk bekend as "die konsert".
Elaine is van die teater af na 'n 40ste happy birthday toe,
en ek het huis toe gery. Ek was nie lus om kos te maak nie en toe het ons gaan
eet by die Red Panda. Ek het Crispy Duck gehad en D Mustard Beef. Daar was
lekker Chinese groente by en gestoomde rys. Ons het 'n pot tee bestel.
Tot sover my opwindende week. Ek sou nog meer opgewonde
gewees het as ek 'n brief van jou gekry het, maar dit was my nie beskore nie.
Miskien hierdie week wat kom.
Baie liefde en groetnis aan jou en jou uitgebreide familie,
van Suster Katrien
Y¯J
Lame Joke of the Week:
I got a new stick
deodorant today. The instructions said, “Remove cap and push up bottom”.
I can barely walk, but
whenever I fart the room smells lovely.
No comments:
Post a Comment