Koningin Sofia van Spanje met haar tiara's.
Monday, July 07,
2014
Liewe Sussie,
Sit ek vroegtydig
op die Maandag hierdie week se brief te begin.
Dis koud, maar die son skyn.
D het 'n ent gaan
stap, ek weet nie hoe lank voor hy terug sal wees nie, want hy het las van sy
enkel. Co-morbidities: sy oog gee ook
moeilikheid. Die apteker het gesê hy het pienk-oog en sy optometris het gesê hy
het inflammasie. Albei het druppels voorgeskryf wat nie juis help nie, sy oog
bly rooi en krapperig. Ek het gesê hy
moet sy dr gaan sien en 'n verwysing kry na 'n oogarts, maar of hy dit sal
doen, weet ek nie.
Ek op my beurt
gaan sien my optometris vandag vir 'n tweede besoek, nadat sy verlede week
Blepharitis gediagnoseer en druppels voorgeskryf het wat wel gehelp het. Ek
gaan vandag dat sy my kan uitpasseer as geskik vir normale diensplig.
Ons het gister op
die Sondagmiddag met ons drie gaan fliek want D speel nie in die winter bowls
oor die naweke nie. (Net binneshuise
bowls tweemaal per week.) Ons het The Two
Faces of January gesien. Viggo Mortensen en Kirsten Dunst. Ons het baie
daarvan gehou. Dis 'n baie ou boek van Patricia Highsmith, seker uit die
sestigs. Jy sal haar onthou, sy van The
Talented Mr Ripley-faam.
Jy sal sekerlik Strangers on a Train ook onthou, haar
boek wat Hitchcock verfilm het? Farley Granger. Een van Hitchcock se bestes. Jy
kan gerus weer in die Patricia Highsmith-oeuvre
delf.
Ek lees deesdae al
hoe meer "Golden Oldies" weer. Die moderne fiksie is nie meer my
koppie tee nie: die onnodige geweld en seks irriteer my: ek is nie 'n wowser
nie, maar as die g en s niks bydra tot die storie nie, is dit surplus to requirements. En die stories is te lank ook. Ek wil nie 'n
boek met 600 bladsye vashou nie. Waar is die dae toe 'n roman 300 bladsye gehad
het en 'n bioskoopprent 90 minute geduur het?
Ek het onlangs
weer die Ripley-reeks gelees en
ongelukkig het ek in die proses The Two
Faces of January gesien op die rak en toe lees ek dit ook, vir die eerste
maal. Met die gevolg dat ek geweet het wat gaan gebeur in die prent, maar ek
het dit nietemin geniet.
Dit vind meesal plaas
in Griekeland: Crete en die ander
eilande daar. Baie aanskoulik, die prent is die moeite werd vir die fotografie
alleen. Maar die storie is ook tipies Highsmith, 'n spanningsverhaal met 'n
kinkel in die stert en 'n paar draaie langs die pad. Regisseur Hossein Amini hoef nie vir Hitchcock
terug te staan nie. Neem gerus jou plek in as dit na die Capitol toe kom. (In
die voorste ry, sodat jy alles eerste kan
sien.)
Screenwriter
Hossein Amini makes a stylish directing debut with this sleek thriller set in
Greece and Istanbul, 1962, and adapted from Patricia Highsmith's novel.
Intrigue begins at the Parthenon when wealthy American tourists Chester
MacFarland (Viggo Mortensen) and his young wife Collete (Kirsten Dunst) meet
American expat Rydal (Oscar Isaac), a con man working as a tour guide. Instead
of becoming his latest marks, the two befriend him, but a murder at the
couple's hotel puts all three on the run together and creates a precarious bond
between them as the trio's allegiance is put to the test. Love triangle,
double- and triple crossing … and a few surprising twists keep the audience on
the edge of their seats.
Saterdag … en so het die week weer verbygevlieg. Ek kondig met
leedwese aan dat ek nie hierdie week van jou gehoor het nie. Ons sal sien wat
gebeur aankomde week.
Elaine het
Maandagaand hier kom slaap (sy het Dingsdag 'n ADO gehad, oftewel Accrued Day Off: sy kry een per maand).
Ons het vroeg opgestaan en 7.30 in die pad geval stad toe, om 8.30 aan te meld
by die kunsgalery. Daar het een van die kurators 'n praatjie gelewer in die
"members' room" oor die uitstalling van Italiaanse skilderye uit die
Prado se versameling.
Die Spaanse
konings van die 15de tot 17de eeue was groot bewonderaars van die Italiaanse
skilders en hulle het 'n goeie versameling opgebou. Tot onlangs het daardie
skilderye nooit Spanje verlaat nie, maar die Spanjole is deesdae so arm en
bankrot, dat hulle nou hulle skilderye uithuur. Ons het verlede jaar in
Brisbane 'n stuk of 80 meesterstukke gesien uit die Prado: Velasquez, Goya, El
Greco, Picasso, noem maar op.
Maaind joe, ek het 'n oplossing vir Spanje se
finansiële probleme: hulle moet net Koningin Sofia se tiaras konfiskeer en hulle
na Sotheby's toe stuur! Met die oorballe en die neklisse daarby. Die hele land
se ekonomie sal in surplus wees!
Ewentwil, hulle
het nou die Italiaanse skilderye vir ons "geleen" vir drie maande (teen 'n prys!) – daar was Da
Vinci, Michelangelo, Raphael, Tintoretto, Titian … en hulle het sommer 'n paar
Franse ingegooi op die koop toe.
Die kurator het 'n
oorsig gegee van die politieke omstandighede van die periode, en sy het so 'n
dosyn van die skilderye op 'n skerm geprojekteer en hulle in fyner besonderhede
bespreek. Dit was baie interessant.
Hulle het 'n ligte
ontbyt ook bedien, en daarna het ons 'n uur gehad in die uitstalling voor die
galery oopgemaak het vir die publiek. Dit was baie lekker om die uitstalling
gade te slaan met net sowat 40 mense in die groep. Daar was 80 werke, uitgesprei in vier sale. Ons kon mooi kyk
sonder om elmboogwerk te doen om in die voorste ry te kom! Elaine gee elke jaar
vir my my lidmaatskap van die NGV as verjaasdagpresent en ek maak goed gebruik
daarvan!
Woensdag het ek
met Joan gaan koffie drink. Ons wou na 'n klein sentrumpie gegaan het waar daar
nie aktiwiteite vir kinders aangebied word nie, want dis skoolvakansie en die
groter sentrums is vol kinders. Ongelukkig het dit egter gereen en die klein
sentrum het nie onderdakparkering nie. Ons het liewer 'n spul opgewonde,
suiker-gelaaide kinders verduur wat al-gillende rondhol, as om nat te reen.
Shym, Joan se kat
Mimi is tot haar vadere vergader en Joan is baie hartseer. Mimi was 18, sy was
'n baie ou dame vir 'n kat. Joan sê Gerry is al klaar weer lus vir 'n nuwe kat,
maar sy wat Joan is, wil liewer nie weer 'n kat hê nie. Sy is nes ek, ook bang
om oor 'n kat te val en iets te breek, en buitendien is sy en Gerry albei diep
in die tagtig, Joan sê die kat sal hulle oorleef en wat moet dan van haar word.
Gerry wil ook nie sommer 'n "moggy" hê nie, nee, hy soek weer 'n
Burmese kat soos Mimi, teen $800. (Of R8-duisend in jou geld)
Donderdag sou ek
by May gaan tee drink het, maar dit was so nat en koud en winderig dat ek haar
gebel het om te sê ek gaan liewer tuisbly. Ek het nie lus om verkoue te kry
nie. Gister het dit ook heeldag gereen, maar D het my na die biblioteek toe
geneem in Rowville se winkelsentrum, en in die kar gewag dat ek my boeke kan
omruil, sodat ek nie hoef nat te word nie. Ek het sommer daar by die viswinkel
twee blue grenadier –mootjies gekoop
vir ons middagete. Ek het hulle in meel en eier gaargemaak met kapok-aartappels
en ek het vars groenbone en aspersies gestoom daarby. Wat kan vromer wees as
vis op Vrydag?
Elaine het gesê sy
speel vanoggend op die Saterdag elfuur squash met Rani en dan sal sy hier kom
middag-eet en in die namiddag saam met my en D gaan fliek. Maar toe kom sy kort
na elf: sy sê Rani het nie opgedaag nie, en toe sy haar bel, sê sy sy het die
afspraak vergeet. Bid jou aan. Elaine het hier gekuier tot drieuur en my gehelp
om my pot-laaie uit te pak. Ek het 'n hele klomp kastrolle en koekpanne en so
aan in 'n boks gepak en Elaine het dit by die op shop gaan aflaai op pad na
haar huis. Sy het vir my die laaie mooi uitgewas. Ek het die goed wat ek wil
behou, netjies teruggepak.
Vlg naweek gaan ek
een rak in die spens takel met Elaine se hulp. Ek het glad te veel breekgoed en
bakke en koppies en goed. Ek onthaal lankal nie meer nie, ek het nie so 'n
kasarm goed nodig wat ek nooit gebruik nie. Ek wil maar so stadig een vir een
kas uitpak en opruim, dat Elaine nie so man-alleen hoef te sukkel met al die
detritus as ek skielik dood neerslaan nie.
Ek en D het na die
vyfuur-vertoning gegaan van Calvary –
Elaine wou nie saamgaan nie, want sy het
'n vroeg-aandse ete-afspraak gehad met Tony. Sam is tans in Duitsland
waar hy by sy familie kuier en saam met hulle na die wereldbeker kyk waar hulle
span so goed vaar.
CALVARY
is Irish writer-director John Michael McDonagh's follow-up to his terrific
debut feature, THE GUARD, and it also stars Brendan Gleeson in a role of
authority - not a cop this time but a priest. THE GUARD was a terrific movie
but mainly a comic one; CALVARY is much darker, and Brendan Gleeson's
commanding performance gives it a very strong centre around which a dozen or
more key characters are examined. This is a strange and unsettling examination
of contemporary Ireland with all its contradictions, and the rich
characterisations, beautifully written dialogue and the grim sense of humour
buttress what is, essentially, a very disturbing probe into a corrupt and
decaying community. Beautifully shot in Scope on similar locations as THE GUARD
- the west coast of Ireland - CALVARY is a tough but very impressive movie.
Ek kan dit hoog
aanbeveel … moenie skroom om in te klok by die Capitol nie!
Al wat nou oorbly,
is om te groet, Sussie, tot vollende week alles van die mees beterste vir jou
en joune.
|
No comments:
Post a Comment